Wat is dit met die tyd van die jaar wat mens so laat verlang?
Ek verlang na Ma en haar ‘hellokind’ as sy my sien en haar sagte grys krulle teen my wang
Ek mis haar ‘wag’nbietjie’ as sy die telefoon antwoord en die gehoordingetjie uit haar oor haal
Ek mis die blydskap in haar 95 jaar oue oe-e (waar is die damn oemlat vir die e nou weer?) – as sy my sien by die deur inkom van haar kamertjie
Ek mis die kinderlike blygeit in haar oe-e wanneer ek ‘n blommigheid uit my tuin vir haar gebring het
Ek verlang na die bekende kontoere van haar hande en ek tob ingedagte terwyl ek haar trouring aan my middelvinger vroetelend streel
Ek verlang na haar bekende silhoe-et in die rottangstoel wat ek spesiaal vir haar gekoop het
Ek verlang na die bekende tokklikgeluid van haar kierie as sy die gang afgekom het
Krismistyd – ai Ma ek verlang …
Kerstyd bring almal se emosies uit.
Einste Maankind – en ons kan in ‘n hopie gaan sit of maar elke emosie omhels. ps As jul iets hoor klingel in die winkels / deesdae – dis dalk nie ‘n oorstopte vaderkrismis met ‘n wattebaard nie – maar dalk net ek. Loer ongemerk na die linker enkel 😉
Kerstyd verlang ek nie net na my ma nie, ek verlang sommer ook na mense wat ek nie ken nie of lank lank gelede geken het. Raak skoon nostalgies. Is eintlik bly as dit 3 Januarie is.
Hallo Son – ware woorde van jou. Dis 1 Januarie en dit voel al klaar ligter hier by my skouers. Joune ook? Mooi 2012
Ek het nog my ma….. maar dis nie aldag ewe maklik nie…
Hallo Toortsie – maklik is ‘n woord wat ek ook deesdae met versigtigheid gebruik.