Ekke?

Ek bly aan die punt van Afrika. Ek hou van mooi – mooi in mense, plekke, natuur en allerhande dinge, van geroeste plaashekke, gehekelde tafeldoeke wat iemand se ouma gemaak het, lente wanneer die bome wakker word en wanneer die eerste jasmynblom blom. ‘n Ge-chipte perloemenskulp sal ‘n plekkie op my erf kry en ek het ‘n sagte plekkie vir ou weerlose mense.

Lewer kommentaar