Ek wonder waar is die lekker kuierblogs? Ek sal maar more weer kom inloer.
Nou gaan ek vireers maar in die bed klim met ‘n boek. En nie sommer so ‘n boek nie. Jy sien, my liewe Ma (die engele het haar kom haal toe sy 95 en en half was) het vir my 2 handgeskrewe boeke gelos. En tot nou kon ek dit nie lees sonder om in ‘n hopie hartseer te beland nie. Nou, na ‘n jaar en ‘n half, het ek weer op Ma se boeke afgekom – en toe ek op die 4de bladsy nog kon lees sonder dat my oë 20 tissues nodig gehad het, het ek geweet – ek sal nou Ma se boeke kan lees.
Hoekom sit jy nie bietjie ‘n uittreksel uit ma se boek op jou blog nie? Tik maar bietjie, toe?
Dankie Maankind – ek het.
Gaan kyk hier is ‘n paar skakels om te volg. En dan kliek jy maar op mense se name, jy sal gou sien waar jy wil kuier.
Baie dankie – ek skuifel maar stadig rond.
Toe vergeet ek die link
http://af.wordpress.com/
Hello Hannahbi. Ek hoop jy kuier nog lank saam met ons!!